Jack Parow — Tussen stasies song lyrics and translation

The page contains the lyrics and English translation of the song "Tussen stasies" by Jack Parow.

Lyrics

Ek het al baie goed verloor
En dit nooit ooit weer gevind nie
Ek het al baie vir my ma gesê: ek is nie meer 'n kind nie
Die lewe is hard en ek verstaan nie meer die punt nie
Ek staan langs 'n groot hoop hout
Maar ek het nie meer 'n flint nie
Ek kry koud op my eie ek soek net 'n klein bietjie warmte
Almal is ryk van die liefde en ek is al weer die armste
Sommige dae voel ek of ek dood gaan van die hongerte
Daar is n leë kol in my maag waar ek weg kruip in die donkerte
Ek is gebreek van binne soos my al my speelgoed van toe ek klein was
As ek vandag weg stap sal al my goed pas in 'n klein tas
Ek soek net n klein tydjie sodat ek die as van my kan afwas
Maar die soldate op die muur bombadeer my met die traangas
Ek lê onder 'n lappies kombers en probeer nog blokkies aanlas
Maar daar is 'n kwaai oom langs my bed en hy sê vir my: Staan vas
So ek trek die kombers oor my kop en lê oop voete
En stap die lang pad in my pa se groot skoene
Chorus (Pierre Greef):
As ons staan op die einde van die langpad langs die spoor
Daar’s net donkerte daar voor ek staan en bewe
Dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor
Hou my hand styf vas langs jou sy
Is jy nog lief vir my?
Sal jy my by die hemel poorte kry?
Ons hou vas aan mekaar maar niemand gaan regtig jou nie wees nie
Ons skryf briewe vir mekaar wat ons nooit regtig lees nie
Want daar’s altyd een verloorder in Russian Roulette
Ek moet uitgaan, ek moet werk
Maar ek sit vas in die bed
Ek stap rond en soek sitplek in leë geboue
Ek probeer myself vind in drank en leë verhoudings
Ek sit en skryf gedigte, maar word my gedigte digkuns?
En ek skree volle bors in die aand met my kop in die kussing
Ek lê vir ure in die bad met my kop onder die water
Ek slaap elke oggend laat want die wêreld kan wag tot later
Ek moet wag, nee, aanbeweeg ontslae raak van my gevoelens
So ek stap, ek raak leeg met groot aksies sonder by bedoelings
Ek sit alleen op een punt van die wipplank
Ek bid alweer vir een sitvlak maar ek sit lank
En ek wag vir iemand om op te spring aan die eenkant
Maar die vingers van my gevoelens krap diep krap diep in my verstand
Chorus (Pierre Greef):
As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor
Daar’s net donkerte daar voor ek staan en bewe
Dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor
Hou my hand styf vas langs jou sy
Ek het al vêr gewen en al baie vêr verloor
Ek het al baie gevoel asof die lewe my versmoor
Ek het al baie gesit op die bokant van die berg
Ek het al baie gesit in die voorkant van die kerk
Om my terug na die langkloof
En my ouma se plaas
Ek wil saam my suster die skape in die kraal injaag
Ek wil sit op my oupa se skoot en stories hoor van die verlede
Ek wil rondloop deur die gras tot ek lam word in die knieë
Chorus (Pierre Greef):
Ons staan en luister hoe die Here en die duiwel oor ons stry
Die hartseer is verby
Op die ou end dis al wat ek wil hoor rol oor jou tong:
Jy wil by my bly
Sal jy my by die hemelpoorte kry?

Lyrics translation

I've been very well lose
And it never ever found again
I've done a lot for my mother said: I am no longer a child
Life is hard and I understand more the point
I stood next to a big pile of wood
But I no longer have a flint not
I get cold on my own I'm looking for just a small bit of warmth
All are rich of love and I am all over again the poorest
Some days I feel or I die of hunger
There is an empty spot in my stomach where I've gone crawling in the darkness
I was broken from within as my all of my toys from when I was small
If I today away step will all my stuff fit in a small suitcase
I'm looking for just a little while so that I than of my can wash off
But the soldiers on the wall bombadeer me with the tear gas
I lay under a plots of blanket and try another squares aanlas
But there is a fierce uncle next to my bed and he said to me: Stand firm
So I pull the blanket over my head and lay open feet
And walked the long road in my dad's big shoes
Chorus (Pierre Greef):
As we stand at the end of the langpad along the track
There's only darkness there before I stand and shiver
It becomes blacker and there's only silence that I hear
Hold my hand tightly next to you she
Are you still love me?
Will you me at the heaven gates get?
We hold on to each other but no one is going to really not be
We write letters for each other that we never really read
Because there's always one loser in Russian Roulette
I should be dating, I should be working
But I'm sitting stuck in the bed
I walked around and looking seat in empty buildings
I'm trying to find myself in booze and empty relationships
I sit and write poems, but my poems are poetry?
And I scream full chest in the evening with my head in the pillow
I lay for hours in the bath with my head under the water
I sleep every morning late because the world can wait until later
I must wait, no, move on to get rid of my feelings
So I walk, I become empty with big actions without at intentions
I sit alone at one point of the seesaw
I pray again for one bottom but I put long
And I'm waiting for someone to jump to the aside
But the fingers of my feelings scratch deep scratch deep in my mind
Chorus (Pierre Greef):
As we stand at the end of the long path along the track
There's only darkness there before I stand and shiver
It becomes blacker and there's only silence that I hear
Hold my hand tightly next to you she
I've been far won and all very far lost
I've been feeling as if the life of me suffocating
I've been sitting on the top of the mountain
I've been sat in front of the church
To me back to the langkloof
And my grandmother's farm
I want to put together my sister the sheep in the corral injaag
I want to sit on my grandpa's lap and hear stories of the past
I want to walk around through the grass until I'm numb in the knees
Chorus (Pierre Greef):
We stand and listen to how the Lord and the devil over our arguing
The sadness is over
In the end that's all what I want to hear roll over your tongue:
You want to stay with me
Will you me at the hemelpoorte get?