Coenie De Villiers — Hier by My song lyrics and translation

The page contains the lyrics and English translation of the song "Hier by My" by Coenie De Villiers.

Lyrics

Daar is oorloë
En gerugte van oorloë;
Skrapnel — so word vertel —
Lê die wêreld vol
Die swendelaars word kwytgeskeld
En haat en nyd met haat vergeld
En die wêreld tel sy munte een vir een
(koor)
Maar hier by my, my lief
Is daar skuiling teen die wind
Word 'n grootmens weer 'n kind
Word die wysheid weer onskuldig;
Want hier by my, my lief
Word die winter weer 'n somer
Word die mens desnoods 'n dromer
Wat die landskap van die hart oplaas verken
Daar is veldslae
Sonder oorsaak, sonder rede
En 'n wêreld wat verslae deur die lang nag waak;
Maar die môre bring weer nuwe leed
Want die vrede is reeds lank vergeet
Ja, die wêreld tel sy munte een vir een
(koor)
Want stryd het die beleid geword;
Het die credo van ons tyd geword;
«wees gewapen, wees gepantser, wees paraat…»
(koor)

Lyrics translation

There are wars
And rumors of wars;
Shrapnel — so be told —
Lay the world full
The swindlers will be waived
And hate and envy, with hatred repay
And the world counts his coins one by one
(chorus)
But here at me, my love
Is there shelter from the wind
Be an adult be a child again
Is the wisdom again innocent;
Because here with me, my love
Is the winter weather a summer
Be the one desnoods a dreamer
The landscape of the heart at last explore
There are battles
Without cause, without reason
And a world which reports through the long night watch;
But the morning brings once again new leed
Because the peace is already long forgotten
Yes, the world is counting his coins one by one
(chorus)
Because fight has become policy;
The credo of our time has become;
"be armed, be gepantser, be paraat…»
(chorus)